• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters National Website


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Member Administration

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Hunting Destinations

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Wesrand Tak

Wesrandtak is geleë in Roodepoort in die Gauteng provinsie. Die tak bedien lede in die Randburg, Roodepoort en Krugersdorp area.
Die Durban Deep skietbaan word gebruik vir ons skietdae. Die baan is agter ‘n ou mynhoop en is tans een van die bane as dit kom by .22 kompetisies en wel bekend by skole en streke vir provinsiale skietkompetiesies.
Die baan is al so deel van die Wesrandtak en is daar al heelwat veranderinge ten bate van ons lede aangebring. Maandeliks bied ons gelyktydig skietoefeninge vir Haelgeweer, geweer, pistool en boogskiet aan. Verskeie SAJWV skiettabelle word geskied op ons baan en daar sal elke maand een van hulle beskikbaar wees om u skietvernuf te beoefen!
Lede word per SMS-stelsel en e-posse laat weet wanneer skietdae gaan plaasvind. Daar word ook aan die begin van die jaar ‘n sak-kalender aan lede gegee om op hoogte te bly van kompetisies.
Ons het ‘n baie goeie verhouding met ons suster takke in die omgewing en hou gereeld intertak kompetisies aan.
Tak-Missie
Om jagtersbelange te bevorder en daardie belangrike deel van ons erfenis ook vir ons nageslag te beskerm;
  • deur die jagtradisie en -erfenis in Suid-Afrika uit te bou;
  • deur 'n positiewe beeld van die jag en die jagter te vestig en uit te bou;
  • deur positief en aktief by te dra tot die bewaring van ons natuurerfenis;
  • deur die skiet- en jagvaardighede van ons lede te verbeter;
  • deur eenstemmigheid in die wild- en jagsektor na te streef en te bevorder, en;
  • deur belanghebbende instansies en individue positief ten gunste van die jag en die jagter te beïnvloed.
Lees gerus hier meer oor die oorsprong van ons tak kenteken.

Kalendar

No events

Tak Nuus

Algemene nuus

Ons voorsitter is vroeg in Maart in die hospitaal opgeneem. Die kondisie is ernstig en baie gebede is nodig. Sy reaksie tot die medikasie en rehabilitasie is baie goed sover. Ons bly aan bid en dank ons God vir sy herstel sover. Daar is ook ander lidmate wat ook sukkel met hulle gesondheid. Manne, staan sterk en hou ons op hoogte met jul vordering. Dit word op elke vergadering genoem en ons ondersteun waar ons kan.

Ons het al vele aktiwiteite hierdie jaar gehad en ook deelgeneem by ander. Daar is gereelde kompetisies wat deur vele takke in die land aangebied word. Spanne en individue wedywer om punte op te maak en sodoende ‘n uitnodiging na die nasionale los te skiet. Ons ondersteun ons taklede wat deelneem en ons wens hulle almal sukses toe vir die uitdagings.

With the chill in the breeze we, as hunters, know that “our season” is around the corner. All the free time used to clean and prepare your reloading bench, the load developments throughout December and adjustments on the scope with the new hunting bullets, alternative powders, boil down to this period. Game ranches has been booked, now it is the creation of the list and start packing the essentials. Good luck with the hunt!

Opleiding

 Daar is nou ‘n opsie om die Toegewyde Sportskiet kursus aanlyn te voltooi deur gebruik te maak van die lede administrasie webwerf. Hou die kalender dop vir ons volgende toegewyde jagterkursus.

Aktiwiteite

Ons maandelikse ledevergaderings vind weer plaas op die laaste Dinsdag van elke maand. Die volgende een is die 25 April 18:30 vir 19:00. Daar is sprekers vir die aande gereël wat interessante en wye temas dek.

Aprilmaand is maar stil aangaande ons Wesrand kompetisies. Ons bied steeds skiettabel oefeninge by al ons geleenthede die maand. Praat met die bestuur op die dag as u ‘n buitengewone oefening wil uitprobeer. Hulle sal met graagte u uithelp.

Hou ook ons webwerf dop vir jagplase waar ons lede al gaan jag het.

Mooi loop

 2024 Wesrand Kalender / Calendar

 

Lentegeur Jagplaas

  2021 Jagseisoen goed afgeskop

  
   
   

Geweer- en Boogjag in Thabazimbi op 3000 ha plaas

Pryslys
Jagreëls
Cussonia
Monkey Thorn
Datums beskikbaar
Pryse sluit alles in: hout, gidse, PH, kampbediende, skoonmaker, voertuie, slag- en koelkamer geriewe en dienste.

Voldoende wildgetalle word gewaarborg.

Ideaal vir jaggroepe, korporatiewe groepe en gesinne.
Groepe van tot 25 kan geakkommodeer word.
Selfsorg of volle spysenierning akkommodasie.

Vir jou gerief laat doen ons jou vleisbewerking.

Een dag jagte ook beskikbaar.

Maurits van de Wetering
Sel: +27 82 805 1621
E-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Hanru Strydom
Sel: +27 82 825 6254
E-mail: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

   
   
   
   
 

Tags: Jagsake

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite
  • Ledevergaderings
  • Opleiding
  • Jagsake



Maandeliks op die eerste Saterdag van die maand.
Plek : Skietbaan, Daniëlsrustskietbaan - Krugersdorp (sien Kaart 1

Read More

Maandeliks op die laaste Dinsdag van die Maand
Plek : Florida-Noord Rolbalbaan
Tyd : 19:00 vir 19:30

Read More

Toegewyde Jagterkursus: word by ons aangebied - Kontak asseblief met André Botha (083 463 3620) of

Read More

We have 27 guests and no members online